GROOT BRAKRIVIER NUUS - Die polisie op Groot-Brakrivier het vanoggend, 14 Mei die liggaam van ‘n onbekende man uit die rivierwater oorkant die polisiestasie gehaal.
Die man is, volgens inligting verskaf deur die kommunikasiebeampte, kst Laurianne Botha, tussen 20 en 30 jaar oud.
“Ons versoek die gemeenskap om ons van inligting oor die oorledene se identiteit te voorsien. Daar is twee tatoeërmerke sigbaar op die oorledene se liggaam. Die woord ‘Bloody’ op sy borskas en die syfer ‘28’ op sy linkerskouer.”
Enige persoon met inligting word versoek om kst Botha (082 522 1682) of die ondersoekbeampte, sers Louw (079 893 9943) te kontak.
'Ons bring jou die nuutste Groot Brakrivier, Tuinroete nuus'