MOSSELBAAI NUUS - Die Da Gamaskop-polisie het ‘n geregtelike doodsondersoek dossier geopen nadat ‘n liggaam gister in ‘n uitgebrande voertuig in Henningstraat bokant Island View gevind is.
Polisiewoordvoerder, kapt Wollie Fourie sê ‘n brand het in die gebied om ongeveer 13:30 ontstaan.
‘n Helikopter en vliegtuig is gebruik om water oor die gebied te gooi en lede van die Mosselbaai Brand en Redding was ook op die toneel.
Fourie sê nadat die brand geblus is, het hulle op ‘n wit voertuig, vermoedelik ‘n Chevy Spark, op die toneel waar die brand ontstaan het, afgekom.
“Die beendere van ‘n persoon is in die voertuig gevind.”
Die polisie vermoed nie gemene spel nie en ‘n forensiese ondersoek sal nou gedoen word.
Die identiteit van die oorledene is nog nie bekend gemaak nie.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'