MOSSELBAAI NUUS - Die liggaam van ‘n man is gistermiddag op Sondag, 16 Mei op die Friemersheimpad duskant Groot-Brakrivier in ‘n sloot gevind.
Die polisie se kommunikasiebeampte, sers Laurianne Botha sê ‘n man en sy vrou het in die rigting van Friemersheim gery toe hulle iets in ‘n sloot langs die pad sien.
“Die man het gestop en uitgeklim en toe op die liggaam afgekom.” Volgens sers Botha het die oorledene geen vorm van identifikasie by hom gehad nie.
“Ons skat hy is tussen 40 en 50 jaar oud.” Die polisie vermoed tans geen gemene spel nie.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'