MOSSELBAAI NUUS - Op ‘n koue Saterdagoggend, was dit ‘n vreugde vir die vroue van Projek Dankbaar Diensbaar om inwoners en personeel van @Peace-versorgingsfasiliteit te verras.
Die vroue het heerlike sago-melkkos gaan aflewer wat deur Rogeline Bretteney, die bestuurder van @Peace in ontvangs geneem is.
Aangesien dit ook Vrouemaand is, het elke vroulike pasiënt en personeellid ‘n kaartjie en armbandjie ontvang. "Al die inwoners van Mosselbaai word herinner daaraan dat daar ‘n plek soos @Peace is," sê Jo Venter van Projek Dankbaar Diensbaar. Die hart van die versorgingsfasiliteit word saamgevat in die woorde "versorg met liefde, rus in vrede”.
Twaalf pasiente kan gelyktydig in dié fasiliteit versorg word. Tydens die grendeltyd word geen besoekers toegelaat nie, maar reël gerus met Rogeline om iets by die hek te laat, indien skenkings afgelewer sou word. Skenkings is welkom en vir meer inligting, kontak @Peace (044 691 1108).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'