Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Die bejaardes van Benevolent Park het Valentynsdag met baie liefde, pret en lag gevier. Daar is verskeie speletjies gespeel en danspassies uitgevoer.
‘n Photo Booth het vir groot pret gesorg en ook die verkiesing van Prins en Prinses Valentyn en Koning en Koningin Valentyn.
FOTOGALERY: Benevolent Park hou Valentynsdag
Die atmosfeer van liefde is versterk deur sangitems.
Die dag was die inisiatief van die Woord en Waarheid Tutor Sentrum en groot dank word uitgespreek vir hulle bydrae en ook vir die bydraes van individue en ook verskeie ander instansies wat verseker het dat die dag ‘n groot sukses was.
Daar is selfs 'n paar danspassies uitgevoer.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'