Hulle bedank die Mosselbaai gemeenskap vir hul bydraes tydens die 'Poppy Day' insamelings en hul teenwoordigheid tydens die herinneringsbyeenkoms.
Vader Peter Holden van die Searle Memorial kerk word vir sy inspirerende boodskap aan al die langslewendes en Tweede Wêreldoorlog veterane bedank. Die organiseerders het ook hul dank uitgespreek teenoor die Mosselbaaiers wat die byeenkoms bygewoon het ter ere van diégene in uniform wat hul lewe opgeoffer het aan in diens van hul land.
Die roerende boodskap deur die Uitvoerende Burgemeester van Mosselbaai, Raadsdame Marie Ferreira, was 'n ode aan die groot opofferings van diégene in uniform in die diens van die land. Sy het 'n versoek na welwillendheid en verdraagsaamheid teenoor andere gedoen.
Die Blaize Away Moths bedank die munisipaliteit vir hul ondersteuning, die Point Hotel vir die verversings, al die oud-gediendes, die SAPD Bevel, die Polisiebond, Brandweerdienste en al die NSRI lede vir hul teenwoordigheid.
Hulle bedank ook die Saint Blaise Vrymesselaars, die lede van die Rotariers en Eden Lions, die Hawe Kaptein, lede van die Erfenis en Simon v/d Stel Stigtings, selfs die Boy Scouts en Girl Guides en die All Saints Orkes en beulsinjaal onder aanvoer van Kaptein Hendriks vir hul teenwoordigheid.
Die bywoning van geliefdes en familie van al die ontslapenes wat ter nagedagtenis 'n krans of kruis gelê het, sal daardeur in ewigheidsverlange gekoester gehou word.
"Greater love has no-one that this, that he lay down his life for his friends!" John 15 vers 13.

Kol Johnnie Stripp (SAPS), Sandra Horn (weduwee van Kapt D Horn) en MOTHs Old Bill Deon Potgieter het op 11 November 'n herinneringsdiens ter ere van ontslape kamerade by die Oorlogsgedenkteken by die Punt bygewoon.