Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaai-stadsaal was stampvol Saterdag, 6 April toe Leolan Akademie vir leerders met spesiale behoeftes hulle spogtee gehou het. Gasvroue het tot die uiterste gegaan om hulle tafels te versier.
Vanjaar het die ouers opnuut gewys dat hulle bankvas agter hulle kinders en ook die skool wat so 'n groot verskil in hulle lewens maak, staan.
Een van die leerders se ma's, Arleen Stokes het soveel as 400 blomme met die hand gemaak om haar twee tafels te versier.
Ronelle Stopforth, spysenier en sakevrou, het as spreker opgetree en 'n onderhoudend gepraat oor nederigheid. Sy het ook 'n kulturele kykie aan die gehoor gebied oor gebruike in Etiopië wat die goeie beginsels deur eenvoudige dade tuisbring en onderstreep.
Tweehonderd-en-tagtig gaste het die tee bygewoon.
Die leerders van Leolan, het soos gewoonlik, die kollig gesteel met hulle verhoogitems wat met luide applous deur die gehoor ontvang is.
Arleen Stokes (staande) saam met haar gaste. Sy het 400 blomme met die hand gemaak om haar tafels te versier.
Ronell Stopforth tydens haar praatjie oor nederigheid.
Van die oulike detail wat op die tafels gesien is.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'