Gallery Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Personeel van die Mosselbaai Provinsiale Hospitaal het vandag die Lente behoorlik loslittig stormgeloop toe elke afdeling se personeel volgens ‘n voorafbepaalde tema aangetrek het.
Selfs die pasiënte in die onderskeie sale het die aansteeklike atmosfeer nie vrygespring nie en oral was glimlaggies in die vrolike atmosfeer sigbaar toe die personeel deur die sale gestap, geskerts en gesels het.
Nie net het die afdelings teen mekaar meegeding om hul tema die beste weer te gee nie, maar ‘n Meneer en Mej Lente is ook gekroon.
Loslitdag is ‘n jaarlikse instelling wat die personeel aangryp wanneer hulle vir een dag van die jaar en in ligter luim nie hul gewone uniforms hoef te dra nie. Boonop dien die dag nie net as herhinnering dat die somer in aantog is nie, maar word ook aangewend om fondse in te samel.
Loslitdag 2017 sal nog lank onthou word vir die interessante, multikulturele uitbeelding van die onderskeie temas.
Kyk 'n video hier:
ARTIKEL, VIDEO EN FOTO'S: NICKEY LE ROUX, MOSSEL BAY ADVERTISER NUUS REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'