Set Free Riders is 'n groep motorfietsryers wat 'n passie het vir Jesus, siele en natuurlik motorfietse. Set Free het 1995 begin en vanjaar is hul 18de jaar in die Tuin Roete.
Pastoor Chris van Rensburg se passie vir motorfietse het begin op 'n jong ouderdom in 1975 toe hy vir die eerste keer op 'n motorfiets geklim het. Met 37 jaar van ondervinding in motorfietsry is Pastoor Chris ook 'n K53 en MRAC instrukteur en is hy ook gemik daarop om vir motorfietsryers van scooters na groot fietse veiligheid en rywenke te bied, soos byvoorbeeld die gevaar van om op die geelstreep aan die linkerkant van voertuie verby te steek en nog baie meer. In 2012 het hulle die Scooter Race begin met die oog op die area se jong mense met hulle scooters en kleiner motorfietsies om vir hulle 'n geleentheid te bied waar hulle net kan kom om hulself te geniet.
"Daar is altyd byeenkonste vir motorfietsryers, maar min goed vir die jonger klomp en selfs die ouer gardes. Ons wil vir die jong mense wys dat hulle pret kan hê sonder om in allerhande goed betrokke te raak. By die scooter race het hulle die geleentheid om hulle self te geniet en word hulle dan ook beloon met lekker pryse."
2013 Scooter race was 'n groot sukses! Soos byvoorbeeld klein Angus wat net agt jaar oud is en aan sy eerste resies deelgeneem het, met sy trotse ouers wat langs die baan gestaan het. Tiaan, wat nog nie eers 'n tiener is nie, het die ouer mans uitgestof. Die ouers mans het met hulle pocket bikes omtrent die skare vermaak.
"Set Free Riders het onselfsugtig saam gewerk om die dag 'n sukses te maak en die liefde van Jesus en die vreugde wat daar is in Hom vir almal te wys, vanaf 'n lekker boerewors rol tot die baan beamptes."
Oom Chris en Tannie Rita, wat in hul 70's is, het met 'n glimlag en liefde verniet koffie uitgedeel by die koffie tent. Daar was Pitbikes, pocketbikes, scooters en motorfietse wat aan die resies deelgeneem het, met pa's wat aanmoedig en ma's wat vingers kou van senuwees langs die baan.
"Dit was 'n fees om te sien hoe nie net die ryers die dag geniet nie maar ouers, vriende familie en ander nuuskuriges wat ook langs die baan kom staan en hande klap het.
"Daar was ook was bietjie meer aksie as toe die die Mossel Bay Burners (Stef en Gerald) so bietjie rook kom maak en hulle bestuursvernuf kom wys het. Set Free Stunt Team was ook daar om so bietjie hul talent te wys en die skare te vermaak met 'n paar gewaagde toertjies.
"Laastens was die prysuitdeling waar elke persoon wat deelgeneem het 'n prys ontvang het. Die wenners van in die verskillende klasse het op die podium gestaan en hul trofees en pryse ontvang.
"Te danke aan ons borge het ons meer as R10 000 se pryse uitgedeel. Ons wil baie dankie sê aan elkeen van ons borge wat die dag moontlik gemaak het: Tyger Wheel & Tyre, MacDonnalds, Erasmus Petroleum, Gilah Adi Photography, Midas Port Elizabeth, Battery & Tyre World Knysna, Diesel Elektries, D & A Bikes, Slipstream Motorcycles, Signworx, Signage Guys, Panarotis George, Set Free Riders, Romans Pizza George, Garden Route Car Wash, Oakhurst Hotel George, Moss Vis, Lets Go Bowling George, The Bag Man, Johan Swarts, en nog meer."
Vir meer inligting oor Set Free Riders en Set Free Ministries, besoek hul webtuiste www.setfree.co.za of kontak pastoor Chris of Barbie van Rensburg by 082 773 9501 / 044 6966 964.
Menige taai stryd het op die baan plaasgevind. Foto: Mandie Black