Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Vier jaar gelede het Martin Charles Fillis hom in Sonskynvallei kom vestig. Daar is hy deur Anette Pheiffer geïnspireer deur haar voedingskemas in die gemeenskap.
Fillies het hom egter ontferm oor die ouer skoolgaande kinders in die omgewing. "Daar is baie van die leerlinge wat op 'n leë maag elke oggend skool toe gaan," sê Fillies.
Lorraine Laban en Gert Maree, beter bekend as oom Gert, het die bus-inisiatief begin om vervoer te verskaf aan leerlinge van Sonskynvallei na St Lukes Primer in Brandwacht.
Fillies het dit toe goed gedink om met die genoemde kommitee lede saam te span om 'n voedingskema op die been te bring om leerlinge van 'n koppie sop te voorsien voor die bus elke oggend van Sonskynvallei vertrek.
"Öns visie is om nie net die kinders te akkomodeer met kos nie, maar die wat nie skoene en klere het nie, ook te kan bystaan."
Daar word gevra dat die gemeenskap hul harte sal oopmaak en enigiemand wat kan help finansieël of deur ander bydraes kan Martin Fillis kontak. (063 923 0572).
VERSKAFDE VIDEO:
Lorraine Laban, Tania Martins en Martin Charles Fillis, wat die inisiatief geloods het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’