MOSSELBAAI NUUSFLITS - Die skole het pas heropen na die wintervakansie. Hoewel die kinders mor oor vroeg opstaan, is dit meestal mamma's wat hande in die hare staan oor wat om in kosblikke te pak sodat hul kroos gesond kan eet en die broodnodige voeding inkry.
Weg is die dae van gewone katjiebotter-en-stroop toebroodjies toegedraai in waspapier. Deesdae vra kosblikkos bietjie meer beplanning om kos interessant, gebalanseerd en lipleklekker op te dis.
Gelukkig kan naweke goed gebruik word om die komende week se kosblikinhoud te beplan.
Dis 'n goeie idee om liefs kleiner porsies van 'n groter verskeidenheid in te pas. Onthou, lekker eet begin by die oë. Kos wat lekker lyk en goed vertoon word sommer gou verorber - boonop is 'n volgraanrolletjie of muffin 'n heerlike afwisseling op die alledaagse toebroodjie en 'n beter opsie as 'n sjokoladestafie.
Lees meer in Vrydag se Mossel Bay Advertiser, of aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'