MOSSELBAAI NUUS - Lede van die sosiale-, sport- en kultuurkomitees by Hoërskool Punt het op Maandag, 28 Oktober opleiding in leierskap ontvang.
Hierdie 36 lede speel 'n baie belangrike rol in die skool, aangesien hulle die skakel tussen die leerders en personeel vorm. Hulle het 'n groot taak om volgende jaar te vervul.
'n Opgeleide fasiliteerder in leierskap, me Sanet Grobler, lei groepe van alle ouderdomme op.
Sy het die groepe leiding gegee oor hoe om leierskap op alle gebiede uit te leef en het hulle voorberei op hul taak vir 2020.
Die onderskeie groepe het ook hul beplanning vir 2020 gedoen.
Die onderwyseres in beheer van die VRL vir die afgelope agt jaar me J Aucamp tree in Februarie 2020 af en me M Leeuwner neem die leisels, as skakelonderwyser, by haar oor.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'