MOSSELBAAI NUUS - Hartenbos Laerskool se leerders wat in Sonskynvallei woon is op Maandag, 21 Januarie as 'n voorsorgmaatreël by die skool se nasorgsentrum gehou terwyl brandbestryders die brand, wat meegebring het dat die R328 gesluit was, bestry het.
Die skool is net minder as die voorgeskrewe aantal kilometer van die woongebied geleë en daar is gevolglik nie amptelike vervoer vir die leerders beskikbaar nie.
Die laerskoolleerders gebruik daagliks die R328 om skool toe en huis toe te loop.
Een van die leerders se ouers, 'n buurtwaglid het die skool op hoogte gehou van omstandighede in die woongebied en ingelig toe dit weer vir die leerders veilig was om huis toe te gaan.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'