MOSSELBAAI NUUS - Hoërskool Punt se Greenergy-klub het op 9 September hul deel gedoen vir Nasionale Boomplant-week.
Die skool is dankbaare aan me K van den Berg wat die projek voorgestel het en aan die borge wat die boompies geskenk het. Oosthuizen, Marais en Pretorius-prokureurs het vyf boompies geskenk en LH Consultants een boompie.
"Baie dankie vir u ondersteuning. Dit word opreg waardeer," het 'n Punt-woordvoerder gesê.
Die kinders het die aktiwiteit baie geniet.
Die kinders het die aktiwiteit baie geniet.
Die kinders het die aktiwiteit baie geniet.
Die Greenergy-klublede is (agter) Ryan Pienaar, Jaco Meintjies, Sheldon Whites, Eileen Swanepoel, Tereska Janse van Rensburg, Carla Meyer, Megan Leonard, (voor) Elizmor Olivier, Douwleen Conradie, Bonny-Lyle Young en Leandri van der Linde.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'