MOSSELBAAI NUUS - Hoërskool Punt se Greenergy-klub het op 9 September hul deel vir Nasionale Boomplant-week gedoen.
Die skool bedank me K van den Berg wat die projek voorgestel het asook die borge wat die boompies geskenk het.
Oosthuizen, Marais en Pretorius Prokureurs het vyf boompies geskenk en LH Consultants een boompie.
"Baie dankie vir u ondersteuning. Dit word opreg waardeer," het 'n Punt-woordvoerder gesê.
Die Greenergy-klublede is (agter) Ryan Pienaar, Jaco Meintjies, Sheldon Whites, Eileen Swanepoel, Tereska Janse van Rensburg, Carla Meyer, Megan Leonard, (voor) Elizmor Olivier, Douwleen Conradie, Bonny-Lyle Young en Leandri van der Linde.
Die kinders het die aktiwiteit baie geniet.
Die kinders het die aktiwiteit baie geniet.
Die kinders het die aktiwiteit baie geniet.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'