MOSSELBAAI NUUS - Die leerders van St Blaize Primêre Skool sal Maandag, 6 November nie sommer gou vergeet nie.
Op dié dag het hulle gasheer gespeel vir 'n span van die QuadPara Association of the Western Cape (QAWC).
Die groep wat bestaan uit 'n kwadrupleeg, drie parapleë, hulle helpers en drywer het die leerders 'n kykie kom gee in die lewe van 'n gestremde.
Drie lede van die groep het die gebruik van hulle ledemate verloor as gevolg van ongelukke en die vierde het verlam geword as gevolg van siekte.
Hulle het die leerders aangemoedig om regte besluite te neem en die kanse wat hulle kry, te benut.
Die kwadrupleeg, Anthony, het die leerders gevra om gestremdes net soos normale mense te behandel.
Mense is geneig om gesprekke en kontak met die gestremde te vermy, omdat hulle dink dat hierdie mense "anders" is.
Hierdie span, ongeag hulle gebreke is aktiewe mense. Hulle beoefen sport, Latyns-Amerikaanse danse en bestuur selfs motors. Brenton, een van die groeplede is 'n briljante mondskilder.
Babalo, Anda, Brenton en Anthony saam met 'n paar leerders van St Blaize Primêre Skool. Foto: Sharlton Groenewald
Sy kunswerke word by 'n winkel in Hartenbos te koop aangebied en kan ook aanlyn bestel word by http://qawc.org
QAWC en die departement maatskaplike dienste, is gedurig besig om mense bewus te maak om veilig te bly en om ongelukke te voorkom.
Hulle het die Wes-Kaap deurkruis om hierdie boodskap te versprei.
Hulle doen diens by openbare swembaddens om swemmers te maan om seker te maak dat die water diep genoeg is voordat hulle in duik. duik.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'