MOSSELBAAI NUUS - MTN het slegs twee hoërskole in die Wes-Kaap gekies aan wie hulle vandeesmaand 110 tabletrekenaars geskenk het as deel van die maatskappy se uitreikwerk in die gemeenskap.
Hoërskool Sao Bras is een hiervan.
Die skenking is deel van die maatskappy se MTN Foundation wat hulle onder meer daarop toelê om in landelike gemeenskappe 'n verskil te maak, veral in die opvoedingsektor.
Michelle Hazel, die MTN-verteenwoorigder wat die oorhandiging by die skool behartig het, het 'n YouTube-video van Sao Bras gesien en dadelik geweet dat die skool se leerders groot baat by so 'n skenking sal vind.
"Veral tydens die Covid-19-pandemie, waar aanlynklasse die norm geword het, kom hierdie tablette net op die regte tyd. Die tablette is ook baie welkom aangesien die skool vanaf 2022 Engels-huistaal sal aanbied en met twee graad 8- Engelse klasse begin," sê Debbie Jeffrey, 'n woordvoerder van die skool.
Personeel van MTN saam met leerders van Hoerskool Sao Bras en die skoolhoof, David Groenewald (heel links). Foto: Jannie du Plessis
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'