GROOT-BRAKRIVIER NUUS - Amanda Marais, gaan op 30 Augustus, om 10:30, by die Klein-Brakrivier se Vroue Landbou Vereniging (VLV) in die Reebok-gemeenskapsaal kuier en oor persoonlike welstand gesels.
Amanda het 16 jaar se ervaring, en gaan hantering van baie algemene probleme soos moegheid, pyn, velaandoening, sinusitis, spysverteringkwessies en meer, kortliks aanspreek.
Vir meer inligting oor al die bedrywighede van die Klein-Brakrivier VLV-tak, om by te woon of aan te sluit, WhatsApp Leedee (082 928 5624).
'Ons bring jou die nuutste Groot-Brakrivier, Tuinroete nuus'