Gallery
MOSSEL BAY NEWS - The Point High School learners who had already returned to school on 1 June, told the Mossel Bay Advertiser how the past few weeks had been.
The pictures without masks were taken before the lockdown.
Read their comments below:
ZEDA VAN DER MERWE: "Daar was baie aanpassings en verandering. Geen drukkies meer nie, al die geselsies wat misverstaan word deur die maskers, nie eers om te praat van my hande wat nog nooit so skoon was by die skool nie, tot my tas kry elke dag 'n bad. Koshuis koffies en kuiers word gehou van 'n afstand af. Nou kan almal regtig al jou skinder stories hoor. Maar ek voel veilig en is bly om terug te wees. Al is daar reëls vir alles is ons nog steeds tuis."
HEINDRICH KAMINETH: "The past two weeks have been a different experience when it comes to school, especially because these are the last months we have with our friends, for those of us in matric. But the school has really gone out of its way to ensure our safety and make sure we have a wonderful time. Loads of respect for our leader, Mr Gouws."
LENÉ VAN DER GRYP: "Op 1 Junie, met hand sanitiser gewapen, stap ek by Hoërskool Punt in om 'n nuwe uitdaging aan te pak: skool tydens 'n pandemie. Vrees het my definitief oorweldig, maar nadat ek my Punt-masker ontvang het, gesanitise is van byna kop tot toon en my temperatuur geneem is, het daardie vrees stadig maar seker minder geraak. Ek kon sien dat Hoërskool Punt als in hul vermoë doen om ons veilig te hou. Ons het weggespring met ons werk en as die e-leer jou onseker gelaat het, is ekstra klasse beskikbaar in die middae. Ek dink die grendeltyperk het ons definitief laat besef dat ons wel ons onderwysers nodig het, al wil ons dit nie altyd erken nie. Onsekere tye lê voor en die 'nuwe normaal' is definitief 'n uitdaging, maar ek dink saam as 'n span is daar niks wat die Visse nie kan aanpak nie."
MINETTE VAN ZYL: "Alhoewel dit 'n groot aanpassing was om terug te wees by die skool, het dit ons nie gestop om die bul by die horings te pak nie. Ek is so dankbaar om te kan sê dat ek veilig voel in my skool en dat 'n pandemie nie in die pad sal staan van my onderrig nie."
SHANÉ SNYDERS: "Dit is vir my baie lekker om terug by die skool te wees by die 'Visse-familie'. Dit is maar so bietjie vreemd om nie jou vriende se gesigsuitdrukkings te kan sien nie, so as jy verby mekaar in die gang stap knip jy maar oog vir die ander een in plaas van om te glimlag omdat jy nie agter die masker kan sien dat jy glimlag nie."
TIMONDRÉ JOOSTE: "Toe ek hoor die skool gaan weer oop, was ek aan die begin bang as gevolg van die Covid-19-pandemie. Toe ek by die skool kom, het ons hoof en personeel alles goed hanteer. Ek het gedink alles gaan sleg loop, maar dis toe nie. Dis al 'n tweede natuur om sosiale distansiëring te maak werk. Ongeag die Covid-19-pandemie is skool nog steeds lekker."
CARMEL TREURNICHT: "This is the year we’re going remember, but for which reasons? Playing sports, hanging out with friends, going on dates, crazy adventures, making amazing memories - that’s what the year was supposed to be like, but no. This year, our 2020, our last year in high school, what we’re going to remember is: a deadly virus, not being able to play sports, not going out and being irresponsible, or even celebrating our 18th birthdays. Now, we’re sitting 2 metres away from one another with masks on our faces, unable to even gossip. We get terrible headaches from the mask and are constantly tired. That’s the year we’re going to remember, forever and ever!"
MELISSA OLIVIER (swart broek), RENÉ DE JAGER (bloe broek) en DANIËLLE KRUGER: "Dit was baie lekker om weer onderwysers te hê om ons te help, maar die maskers is baie irriteerend en gee ons hoofpyn. Dis was baie snaaks om gewoond te raak aan die maskers en ons het 'n paar keer kos probeer eet met dit nog aan. Oor die algemeen is dit baie lekker om weer terug te wees en almal te kan sien. Ons is so dankbaar vir die skool waarin ons is en die hoeveelheid moeite wat hulle doen om ons veilig en op datum te hou."
IRMA BRINK: "I started this year full of excitement at what my final year of school would bring, but never did I expect any of this to happen or that I would be attending school during a global pandemic. It is of course not what I or anyone else wished for, being split into smaller classes and not spending time with friends or peers as I used to. It does sadden me, but I know it’s for the best and for our safety. It makes you realise all the small, everyday things you took for granted and teaches you to be thankful for every step you take to get back to normalcy, or what is left of it. I am thankful to be able to finish off this year and know that Point High is doing its best to keep us safe."
KAYLA HANEKOM EN JUANITA ELS: "Ons het die eerste paar dae terug by skool heel opwindend, maar ook wel uitputtend gevind en die lekkerste deel was om net elke dag weer jou vriende te kan sien. Al was alles nog vreemd en die dae was koud, het ons probeer ons nog steeds die beste van die saak te maak. Dit was soms moeilik om in die oggend op te staan."
ZIA DIPPENAAR: "Die laaste paar weke was baie uitdagend. Om die heeltyd jou afstand van jou vriende te behou en masker op jou gesig te hou is baie moeilik, maar die moeilikste is om skelm in die klas te probeer eet as jy nie jou tas binne klas toe mag vat nie en boonop 'n masker permanent op jou gesig te dra."
ONWABISA MFIHLO: "It has been awesome, a lot more hygienic than I thought it would be. Everything went better than I had anticipated."
CAMERON DE VOS, CLARA SCHWIM, LIZE-MAY NIEMANN: Een dag, toe ons drie "stappers" by die skool kom, besef ons dat een van ons haar masker vergeet het. Ons hardloop toe terug huistoe en kom laat by die skool. Die hekke was gesluit en niemand wou ons inlaat. Ons het egter vinnig geleer dat stiptelikheid deel is van die sanitisasie-proses. Geen kanse word geneem nie!"
MARNICO BOTHA: "Ek het gedink 'n mens sal nie vergeet van 'n masker op jou gesig nie, maar so het ek myself verkeerd bewys. As jy die regstelling pen (Tippex) gebruik, dan blaas jy dit om vinniger droog te raak, so blaas ek maar niks gebeur nie en daar besef ek dat die masker nog op is. Dis die snaaks wat ek ervaar het met die tydperk by die skool."
'We bring you the latest Mossel Bay, Garden Route news'