MOSSELBAAI NUUS - Met lekker sonskynweer tot dusver, geniet die publiek Mossebaai-omgewing tydens die langnaweek.
Dié wat nie in winkels inkopies doen nie, is op die strande of geniet ‘n braai in die wye verskeidenheid van karavaanparke.
Sommige wat meer avontuurlik is, geniet diepsee-visvang, skubaduik of probeer die branders aandurf vir ‘n vissie of twee.
Dan is daar dié adrenalienvrate, wat die hemelruim in en om Mosselbaai aandurf met hulle gemotoriseerde valskermsweeftuie.
Hierdie sport is baie gewild langs die Tuinroete kuslyn. Mossel Bay Advertiser het so ‘n paar manne op Hartenbosstrand raakgeloop wat met hul gemotoriseerde valskermsweeftuie baie aandag trek by die publiek. Kyk gerus na die video.
VIDEO: Langnaweek pret in Hartenbos:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'