Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Lukas du Preez, wie se trekklavier-ode aan sy vrou, Marinda wat op 14 Augustus in die Life Bay View privaat hospitaal aan Covid-19 oorlede is, nasionale nuus gemaak het, het vanoggend massas blomme by die hospitaal gaan aflaai.
Die pragtige ruikers het die afgelope naweek tydens 'n privaat gedenkdiens die Du Preezs se huis op George versier.
Du Preez het soos hy eksklusief aan die Mossel Bay Advertiser vertel het, vanoggend weer by die hospitaal trekklavier gaan speel in aanvang van sy beplande "roadshow vir Marinda".
Sy voorneme is om te reis van hospitaal tot hospitaal waar hy sal trekklavier speel.
Volgens Du Preez, het hospitaalbestuurder van Medi Clinic George, Kassie Karstens aangebied om die toer te help koördineer. Volgens beplanning sal Du Preez by minstens 12 Medi Clinic-hospitale in die Wes-Kaap aandoen.
LEES MEER: Musiek uit die hart
Du Preez het vanoggend ‘n kort rukkie buitekant die Covid-19-sal van die hospitaal gespeel waar hy sy vrou tydens haar siekbed al om die ander dag sedert Juliemaand ondersteun het. “Ek het Auld Lange Syne gespeel en ook O Heer, My God, want dit was Marinda se gunstelinglied.”
LEES MEER: Serenading at Hospital again
Du Preez vertrek volgens beplanning Donderdag uit George.
Kyk 'n video hieronder:
Volgens beplanning sal Du Preez by minstens 12 Medi Clinic-hospitale in die Wes-Kaap aandoen.
Cornelle Carstens van die Mossel Bay Advertiser en Lukas du Preez
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'