MOSSELBAAI NUUS - Die Landsdiens-leerders van Laerskool Hartenbos het gedurende Maart saam met mnr Gerrit Nel die Diereberkermingsvereniging (DBV) op Mosselbaai besoek.
Die graad 3-5-leerders het kos aan die DBV geskenk.
Die DBV het die leerders toegespreek en elke kind kon daarna vir 'n wyle by die diere se hokke vertoef en die troeteldiere aandag gee.
Die kinders kyk toe terwyl 'n lid van die Dierebeskermingsvereniging met hulle praat oor dierewelstand.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'