MOSSEL BAY NEWS - Laerskool Park se leerders het onlangs aan onderskeie items by die eisteddfod op Mosselbaai deelgeneem.
Items insluitend solosang, klavier, kitaar, dwarsfluit, viool en blokfluit asook poësie en saksofoon is aan die beoordeelaars gelewer.
Park onderwysers is dit eens dat die eisteddfod-deelnemers goed voorbereid was.
Elke leerder wat deelgeneem het, het 'n sertifikaat ontvang.
Leerders kon aan verskeie items deelneem, van kitaar tot viool en blokfluit is gelewer.
Die leerders spog met hulle sertifikate.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'