Gallery Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Laerskool Hartenbos vier vandag, 26 Januarie, sy 120ste verjaardag.
‘n Joligheid het sommer van vroeg af by die skool geheers met onderwysers en leerders uitgevat in uitrustings wat byna elke dekade verteenwoordig.
Die dag het afgeskop met ‘n saalopening waar leerders meer geleer het oor die ryk geskiedenis van hul skool.
Daar was natuurlik verjaardagkoek ook. Twee onderwysers wat self ook in die skool was, het die voorreg gehad om die kerse aan te steek.
Die skool het ook ‘n tydkapsule gevul met verskeie items. Dié sal oor 30 jaar oopgemaak word.
FOTOGALERY: Só vier mens 'n 120ste verjaarsdag
Die 120ste jaar is op ‘n gepaste wyse afgesluit met leerders en onderwysers wat die feesvieringe strate toe geneem het met ‘n optog. Só kon die dorp saam feesvier.
VIDEO: Leerders juig ten aanskou van die publiek
VIDEO: Hoof in 'skoolklere' te sien
Skoolhoof meneer Werner van Huyssteen en die oudste leerder in die skool, Kyle Muller, en die jongste leerder, Buhle Toyini.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’