MOSSELBAAI NUUS - Na 19 jaar neem Laerskool Hartenbos nou, aan die einde van die kwartaal afskeid van mnr Barry Oosthuizen, skoolhoof.
Oosthuizen het in 1999 as skoolhoof by Laerskool Hartenbos begin en het diep spore getrap en skitterende werk vir die skool en die gemeenskap gelewer.
Die onderwysers en leerders sê sy aftrede is vir die skool en ouers 'n groot verlies. "Ons gun mnr Oosthuizen sy welverdiende ruskans en vertrou dat hy sy aftrede ten volle gaan geniet."
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'