MOSSELBAAI NUUS - Tydens die maandelikse munisipale raadsvergadering op 29 November het die uitvoerende burgemeester, raadsheer Harry Levendal 'n beroep op die gemeenskap gedoen om gehoor te gee aan die pleidooie dat geweldsmisdaad teen veral vroue en kinders, maar ook op die weerloses te voorkom.
"Woorde kwets, soms maak wat jy sê baie seerder en laat dit 'n diepe letsel. Woorde kan dieper sny as die skerpste swaard," het die burgemeester gemaan.
Hy het daarop gewys dat geweldsmisdade nie beperk is tot vroue en kinders nie, maar dat mans ook daaronder kan deurloop.
"Ek het ook met die hoof finansiële beampte gepraat om te verseker dat die munisipaliteit se beleide en tariewe nie die weerloses in die gemeenskap veral hard raak nie."
Die burgemeester het gevra dat optrede teen geweldsmisdade nie beperk word tot spesifieke veldtogte of fokusperiodes nie, maar dat dit as geheel nie in die gemeenskap geduld moet word nie.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'