Sodra die datum gepromulgeer is, kan kiesers nie meer registreer om aan die verkiesing te kan stem nie.
Hierdie naweek vind die laaste registrasieproses landwyd plaas.
Om te kan stem, moet 'n kieser se naam op die kiesers-lys in die wyk waar die persoon woonagtig is, verskyn.
Om seker te maak of name korrek op die kieserslys voorkom, kan die Onafhanklike Verkiesingskommissie by 0800 11 8000 vanaf Maandae tot Vrydae tussen 08:00 en 17:00 gekontak word.
Die kantore van die Onafhanklike Verkiesingskommissie op Mosselbaai, geleë langs die Provinsiale Verkeerskantore, kan ook gekontak word by 044 693 2191.
Volgens wet, moet elke landsburger in persoon met 'n geldige identiteitsdokument registreer om te kan stem.
Kiesers het net tot 17:00 op die dag waarop die verkiesingsdatum aangekondig word, om te registreer.
Kiesers in die onderskeie wyke kan by die volgende lokale gaan registreer:
- Wyk 1: Indwe Sekondêre Skool
- Wyk 2: KwaNonqaba Gemeenskapsaal en die FCS-gebou
- Wyk 3: Imizamo Yethu Créche; African Gospel kerk in Stofilestraat en die gemeenskapsaal
- Wyk 4: Laerskool Vorentoe Sportsaal en Brandwag Primêr
- Wyk 5: Munisipale kantore; Rheebok gemeenskapsaal en die Klein-Brakrivier Kerksaal
- Wyk 6: Voortrekkersaal en Global Academy for Education
- Wyk 7: NG Kerksaal; Sonskynvallei gemeenskapsaal; Laerskool Buffelsfontein en die Lutherse skool
- Wyk 8: Mosselbaai Stadsaal en Lutherse kerksaal
- Wyk 9: D'Almeida gemeenskapsaal en Sao Bras Sekondêre skool
- Wyk 10: Hartenbos Biblioteeksaal
- Wyk 11: Danabaai gemeenskapsaal en die Garden Route Primêre skool
- Wyk 12: Diaz Primêre skool en die Joe Slovo gemeenskapsaal
- Wyk 13: Lutherse Kerksaal en Mosselbaai Binnenshuise sportsentrum
- Wyk 14: Friemersheim gemeenskapsaal; Santa Kleuterskool; Groot Brak gemeenskapsaal en die Laerskool Ruiterbos.