MOSSELBAAI NUUS - Die Da Gamaskop-polisie waarsku die publiek, veral winkeleienaars teen twee vermeende bedrieërs, volgens beskrywing 'n Somaliese en 'n Chinese man wat goedere by winkels aankoop en dan met 'n R200 daarvoor betaal.
Sodra die kassier die bedrag opgelui het, sê die verdagtes glo dat hulle eerder met hulle beskikbare kleingeld vir die goedere sal betaal, waarop die R200-noot dan aan hulle teruggegee word.
Hulle hou egter ook die kleingeld en verdwyn met die goedere.
Dit is aangemeld dat die verdagtes by verskillende plaaslike besighede hierdie truuk gebruik het om te bedrieg.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'