MOSSELBAAI NUUS - Kansa hou op Saterdag, 8 September, in samewerking met die ATKV en Cell C ‘n Koppie vir Kansa-geleentheid in die Skoffelskuur in Paardekraalweg, Hartenbos aan.
Die bekende Hannes van Wyk, ankeraanbieder van Kwêla, is die gasspreker van die dag. Die drag is deftig-formeel en alle fondse gaan aan Kansa.
Kaartjies teen R200 per persoon wat ‘n laatontbyt insluit is by Karen Phipsen (044 601 7222) en Minette van Zyl (082 443 3601) beskikbaar.
Kansa benodig egter nog ‘n paar gasvroue wat bereid is om te help op die oggend. Belangstellendes kan Minette kontak.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'