MOSSELBAAI NUUS - Die KwaNonqaba-polisie en gemeenskapspolisiëringsforumlede het verlede Vrydag gemeenskapsgroepe en hul kollegas van ander staatsdepartemente in 'n optog deur KwaNonqaba gelei ter aanvoring van die 16 dae-veldtog teen geweld teen vroue en kinders.
Onder leiding van die voorsiter van die KwaNonqaba GPF, mnr Edgar Ntebe en die polisiestasie se kommunikasiebeampte, sers Kapp, het 'n groot groep mense hulle sterk uitgespreek teen enige vorm van geweld teen vroue en kinders.
By die Thusongsentrum in Adriaansweg, Alsapark, is die groep optoggangers deur verskeie sprekers, onder meer die uitvoerende onderburgemeester, raadslid Dirk Kotzé toegespreek.
Mosselbaai se uitvoerende onderburgemeester, raadslid Dirk Kotzé was die geleentheidspreker.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'