MOSSEBAAI NUUS - Die kleurvolle en plaaslik bekende kunstenaar, Bert du Plooy (77), wat tot onlangs nog by sy kunsateljee in Blandstraat bedrywig was, is verlede naweek aan natuurlike oorsake oorlede.
Du Plooy het op 10 Januarie in 'n plaaslike hospitaal afgesterf. Hy was veral bekend vir sy kuns en sy uitnemende kennis van rotskuns.
'n Kennis het hom aan die Mossel Bay Advertiser beskryf as 'n uiters veelsydige en kreatiewe mens.
Hy het gereeld bydraes gelewer wat in die Advertiser verskyn het en het ook kunsopleiding gebied. Du Plooy word later vandeesmaand privaat veras. Hy laat twee seuns, Albert en Nico agter.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'