MOSSELBAAI NUUS - Die kunsskool op die Blue Shed-perseel, is 'n beeldhou- en kunsopleidingsfasiliteit op Mosselbaai, vir beginners, leerders asook gevorderde studente en selfs vir gestremde persone.
Stigter van die skool, kunstenaar Bert du Plooy sê beeldhouwerk is terapeuties vir alle hand-oogvaardige leerders en ook vir siggestremde persone.
Du Plooy sê opleiding word gegee in 'n verskeidenheid van kunsdissiplines soos beeldhou (gietvorm), skilder in alle media, ontwerp en teken.
"Die tassintuig (om met jou hande te voel) is deel van die kreatiwiteitsproses en word verhoog indien een van die ander vier sintuie gestremd raak," sê Du Plooy.
"Volwasse studente beskik ook oor daardie speelsheid, veral met kleihandwerk. Uit die speelproses volg die leerproses om met vorms te werk. En kundigheid met beeldhouwerk te ontwikkel."
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'