MOSSELBAAI NUUS - ‘n Inskrywing op Mosselbaai-munisipaliteit se Facebook-blad waar verbruikers versoek word om elektrisiteit spaarsamig te gebruik wanneer krag terugkeer na beurtkrag, het vandag op 20 Februarie wye reaksie gelok.
Die inskrywing volg nadat Eskom fase 6-beurtkrag geïmplimenteer het.
Inwoners van Mosselbaai en omliggende gebiede wat aan beurtkrag blootgestel word, se krag sal tydens fase 6 vir tot vier uur aaneen af wees.
Tydens fase 6 sal inwoners se krag gedurende ‘n tydperk van 24uur tot altesaam agt uur af wees. Die munisipaliteit het inwoners in die inskrywing versoek om veral na ‘n vier uur slot, elektrisiteit spaarsamig te gebruik.
“Eskom het 'n hoë verbruik opgemerk namate kragtoevoer terugkeer, wat 'n nadelige uitwerking het en die aanskakelproses aansienlik vertraag. Die Mosselbaai-munisipaliteit waardeer inwoners se samewerking.”
Verskeie inwoners het op die inskrywing gereageer.
Van die kommentaar lui: “Die ergste is dat mense vir jou moet sê hoe baie jy van ‘n ding mag en moet gebruik wat jy ten duurste voor betaal.” Nog ‘n inskrywing lui: “Eskom kan gaan bars. Vier ure af is erg genoeg met als wat ontdooi, verskaf maar eers 'n diens dan praat ons weer.”
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'