VLEESBAAI NUUS - Volgens die Eskom Customer Executive in George, het Eskom daarin geslaag om hul vragmotor naby genoeg in Vleesbaai te kry waar kabels vervang moet word.
Dit volg na aanhoudende kragonderbrekings in die gebied. Volgens 'n kennisgewing van Eskom is dit nog baie nat, maar plaaslike inwoners help met trekkers.
"Eskom-personeel sal alles doen wat hulle kan om die krag te herstel."
Geen beraamde tyd is beskikbaar vir die herstel nie.
Vorige artikel: Kabeldiefstal lei tot ure lange kragonderbrekings
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’