MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaai-Munisipaliteit het 'n verklaring uitgereik dat die finale fase van 'n meerjarige projek vir die omskakeling van die elektriese distribusienetwerk se bedryfspanning vanaf 22kV na 11kV, sal vanaf 13 April 2021 tot 23 April 2021 plaasvind en beweeg nou na die finale fase.
Die projek is drie jaar gelede geïmplementeer en die totale projekkoste gedurende die konstruksietydperk beloop sowat R15 miljoen.
Die projek het die opgradering van Kleinbrak-substasie en 'n kapasiteitsverhoging van 20% by hierdie Eskom-leweringspunt ingesluit, en meegebring dat werk gedoen moes word aan die hooflyne tussen Kleinbrak-substasie, Midbrak-substasie en die Macs-substasie naby Powertown, om die netwerkspanning van 22kV tot 11kV om te skakel.
Belangrik
Die laaste fase van die projek is die belangrikste, en daar is 'n periode van 8-10 dae vanaf 13 April 2021 tot 23 April 2021 waar die munisipale netwerk kwesbaar, en kapasiteit beperk sal word.
Gedurende hierdie tyd sal die bestaande 22kV-toevoer by Kleinbrak-substasie uit bedryf gestel word, en die 11kV-toevoer sal in gebruik geneem word.
Gedurende die oorskakelperiode sal die vrag wat normaalweg vanaf Kleinbrak-substasie voorsien word, deur die omliggende Eskom-leweringspunte gevoer word. Simulasies en toetslopies het bewys dat hierdie reëling tydens normale netwerkbedrywighede gebruik kan word, maar beurtkrag of onbeplande toerustingfalings mag die herstel van die toevoer ernstig bemoeilik, veral na afloop van 'n onbeplande onderbreking of die implementering van beurtkrag.
Daar is gebeurlikheidsbeplanning in plek vir die herstel van die toevoer sou enige van hierdie onvoorsiene gebeure plaasvind, maar die proses mag langer duur as wat normaalweg die geval is, aangesien die toevoer na die gebiede afsonderlik en in fases herstel moet word.
In die geval van 'n onderbreking in die toevoer na die Midbrak-gebied, versoek die Mosselbaai-munisipaliteit dat verbruikers hul groot toestelle en warmwatertoestelle (geysers) 'n rukkie moet afskakel tot na die krag weer herstel is, en dit dan geleidelik, na 15 minute of 30 minute, weer sal aanskakel wanneer die kragtoevoer herstel is.
Mosselbaai-munisipaliteit wil inwoners van die omgewing ook bedank vir hul geduld en samewerking gedurende die afgelope paar jaar, veral omdat hulle heelwat beplande kragonderbrekings moes verduur weens die vervanging van toerusting vir die omskakelingsprojek.
Final phase of multi-year project for conversion of 22kV network to 11kV: 13 April 2021 to 23 April 2021
The Mossel Bay Municipality multi-year capital project for the conversion of the electrical distribution network in the Midbrak-area from 22kV to 11kV operating voltage, is now moving into its final phase.
The project implementation started three years ago, and the total project cost over the construction period is approximately R15 million. Project works included upgrading of Kleinbrak substation and a capacity increase of 20% at this Eskom point of supply, as well as work on the overhead lines between Kleinbrak Substation, Midbrak Substation and Macs Substation near Powertown, to convert the network voltage from 22kV to 11kV.
The final phase of the project is the most critical, and there is a window period of 8-10 days from 13 April 2021 to 23 April 2021 where our supply network will be vulnerable and capacity constrained.
During this period, the existing 22kV supply at Kleinbrak Substation will be decommissioned, and the 11kV supply will be commissioned.
During the change-over period, the load normally supplied from Kleinbrak Substation will be carried by the surrounding Eskom points of supply. Simulations and test runs have proved that this arrangement can be used during normal network operation, but load shedding or unplanned equipment failures will severely complicate supply restoration in the event of an unplanned trip or the implementation of load shedding.
There are contingency plans in place for restoration of supply if any of these unforeseen events occur, but the process will take longer than is normally the case, as the areas would have to be restored in sections.
In the event of an interruption in supply to the Midbrak-area, Mossel Bay Municipality requests that consumers keep their large appliances and geysers off for a while after power is restored, and then gradually turn them on say 15min or 30min after power was restored.
Mossel Bay Municipality would further like to thank residents of the area for their patience and co-operation during the past year, as they had to endure many planned outages for the replacement of equipment for the conversion project.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'