Gallery Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - 'n Groot kosuitstalling is op Donderdag, 1 September in die stadsaal van Mosselbaai aangebied, nadat Covid die gereelde uitstalling vir twee jaar verhoed het. Die laaste uitstalling van sy soort is in 2019 gehou.
Al die groot name van die kosbedryf het hul produkte uitgestal en die publiek en diensverskaffers in die kosbedryf kon die produkte gaan besigtig en proe.
FOTOGALERY: Groot kosuitstalling terug na 2 jaar
Francois Ferreira van die Francois Ferreira sjef-akademie het ook verskeie kook-demonstrasies aangebied.
VIDEO - Kosuitstalling by stadsaal lok baie belangstelling (Video: Jannie du Plessis).
Die uitstalling van kosprodukte het honderde besoekers gelok. Foto's: Jannie du Plessis
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'