Donderdagaand het Mosselbaai se burgemeester, Raadsdame Marie Ferreira, die toer meegemaak.
Die gaste is ontvang met 'n glas tuisgemaakte gemmerbier waarna Johanna, 'n boorling van Venda in Limpopo, die tradisionele kosse beskryf het.
In 'n gemoedelike atmosfeer is 'n heerlike maaltyd geniet wat, onder andere, mopaniewurms, pap en marog, hoenderpote en chakalaka ingesluit het.
Daar was ook beesbredie, geelrys en pampoen vir dié wat nie so avontuurlustig was om die vreemde kosse te probeer nie.
Die gasvryheid van die dames en die pragtig gedekte tafel het die heerlike kos gekomplimenteer en die hoop is dat hierdie die begin kan wees van 'n unieke geleentheid om die verskillende kulture bymekaar te bring. Tsa Lapeng beteken "kos van die huis".
Vir navrae, kan Adri van Wyk gekontak word by 072 947 5315.
Mev Ferreira saam met Johanna, Adri, Thembeka, Vanerssa en Dixie by Tsa Lapeng.Foto: Tersia Marais
ARTIKEL: TERSIA MARAIS