Gallery Update Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - 'n Kortsluiting het na bewering die brand by die Cellphone & Electronics Repairs-winkel op Vrydag, 2 November op Groot-Brakrivier in Langstraat veroorsaak. Polisiewoordvoerder, kst Laurianne Botha sê die brand het in die dak van die winkel ontstaan.
Hoewel brandbestryders van Mosselbaai brand- en rampbestuursdiente spoedig op die toneel was, het vlamme die winkel verswelg.
Nog winkels, onder meer die Mother in Law Supermarket het in brand ook skade opgedoen.
Niemand is tydens die voorval beseer nie en die pad is vir 'n geruime tyd gesluit sodat brandbestryders die toneel kon opruim. Die eienaar van die winkelsentrum, Louis Barnard dra nie kennis van wat presies gebeur het nie, maar het aan die polisie gesê toe hy by die winkel kom, het alles gebrand.
Dit is nog nie bekend wat die omvang van die skade is nie en dit sal nog bereken word.
Geen saak is by die polisie geopen nie.
Kyk 'n video hieronder:
Dit is nog nie bekend wat die omvang van die skade is nie en dit sal nog bereken word.
Lees 'n vorige artikel hier:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'