Gallery
MOSSELBAAI NUUS - 'n Ligte vragmotor vir die verskaffing van mobiele toilette en die skoonmaak daarvan se bestuurder het konsternasie veroorsaak toe hy vanmiddag oor die spoorlyn in Reebok probeer kortpad vat en toe gevolglik vasgesit het.
Die Diaz Express vol toeriste moes vir 'n geruime tyd stop en wag vir die vragmotor om uit die pad te probeer kom.
Hulle is later per bus terug vervoer sodat hulle nie hul bespreekte vlugte verpas nie. Op die toneel, het nooddienswerkers ‘n plan beraam om die vragmmotor van die spoor te verwyder.
Ten einde raad, is ‘n grondverskuiwingsvoertuig gebruik om die vragmotor van die spoor te verwyder.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'