Die bestuurder van die Shell Truckport, Werner Morkel-Brink het by navraag oor die voorval aan die Mossel Bay Advertiser gesê dat dit gereeld gebeur dat voertuie vir lang tye op die vulstasie se perseel geparkeer staan. Volgens Morkel-Brink is daar slegs 40 parkeerplekke wat optimaal funksioneer, mits voertuie vir kort tydperke daar parkeer.
