MOSSELBAAI NUUS - Mossel Bay Community Choir het nie op Moedersdag vergeet van die vroue in die gemeenskap nie.
Die koor het op 7 Mei 'n draai by Tannie Crotz gemaak, in aanloop vir Moedersdag en vir haar 'n paar noodsaaklikhede maar ook 'n bederfie of twee afgelewer.
Die koor, berig een van die lede, is 'n besonder diverse groep wat nie onverskillig staan teenoor die gemeenskappe waaruit hulle kom nie.
"Ons sing nie net nie. Ons doen ook goed aan ander waar ons kan," verduidelik een van die lede Kappie Kapp.
Kapp het enigiemand wat graag by die koor wil aansluit of op enige ander manier sou wou bydrae tot hulle uitreike, versoek om hom te kontak (071 604 8355).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'