MOSSELBAAI NUUS - 'n Plaaslike kontrakteur wat herstelwerk aan eiendom doen, wat Maandagmiddag, 18 Junie sy werkers in die JCC-woongebied afgelaai het, is in die proses beroof.
Die voorval het omstreeks 15:30 plaasgevind. Drie onbekende mans het die kontrakteur se bakkie genader, waarna een die sleutels van die voertuig probeer gryp het, maar kon nie daarin geslaag nie.
Een van die ander verdagtes het toe die passiersdeur oopgeruk en die kontrakteur se selfoon en beursie gegryp.
Volgens inligting is besonderhede aangaande die verdagtes reeds aan die polisie bekend wat tot hulle opsporing en arrestasie mag lei.
'n Saak van roof word ondersoek deur sers Donovan Geswindt van die Da Gamaskop-polisie se speurafdeling.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'