MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaai se top speurder, Kolonel Tiger het besluit om vandag rustig te vat.
Hy lê al heel oggend op ‘n lessenaar in die Mosselbaai-polisiestasie se speurkantoor en krul om van lekkerte.
Die speurders loop egter maar lig vir hom aangesien hy die baas van die kantoor is.
Die Kolonel het nie dringende werk wat vandag op hom wag nie, in skrille kontras met die res van die kantoor waar speurders haastig met dossiere heen en weer loop.
Kolonel Tiger is in Junie 2016 gevind waar hy as straatkat gereeld wag gehou het oor sy gemeenskap naby die polisiekantoor. Die speurders het hulle oor hom ontferm en die res is geskiedenis.
Anne-Marie van Huizen, 'n administrasie-beampte by die kantoor, sê die Kolonel het ‘n sterk teenwoordigheid vanoggend en maak dit moeilik vir haar om op haar sleutelbord te tik.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'