Mofuneka Ntlemeza (30), wat na die voorval gehospitaliseer is en volgens inligting 'n skouerfraktuur opgedoen het, is vroeg verlede week reeds ontslaan.
Familie van die oorledene uit Kaapstad, die Oos-Kaap, asook Limpopo het die roudiens bygewoon.
"Alhoewel kst Ntlemeza maar kort by ons in diens was, het sy dood al die lede by ons stasie diep geraak.
Hy was 'n goeie polisieman," het sers Kappie Kapp, kommunikasie-beampte van die SAPD KwaNonqaba, aan die Advertiser gesê.
Hy vertel dat lede wat nie die roudiens in uniform bygewoon het nie, in swart en rooi geklee was om hule solidariteit met die familie in rou te toon.
Mzukisi Mila van SAPD se GKS-eenheid het 'n roerende boodskap tydens die roudiens gebring.
Sers Kapp sê ook dat die stasie die familie en veral die weduwee bystaan op verskeie maniere.
Hulle het ook berading ontvang, net soos van die SAPD-lede wat saam met Ntlemeza gewerk het, ten einde die tragedie te verwerk.
"Hierdie tragiese gebeure was maar net weer vir ons almal 'n 'eye opener'. Daar gaan ook van die lede en 'n koor per bus na Xolo in die Oos-Kaap, waar Ntlemeza hierdie naweek begrawe sal word.
Die Ntlemeza-egpaar het 'n tweejarige seuntjie.
GPF-voositter van KwaNonqaba Edgar Ntebe (links) en Mzukisi Mila van die GKS-eenheid, wat tydens die roudiens 'n troosboodskap gebring het.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'