MOSSELBAAI NUUS - Diewe het Dinsdag (19 Mei) by die snoepie by Curro Mosselbaai ingebreek en 12 koeldranke, asook 'n boks skyfies gesteel.
Polisiewoordvoerder adjudant offisier Pieter Koekemoer sê die verdagtes het toegang tot die winkel gekry deur 'n venster met 'n skroewedraaier oop te maak.
Die polisie vra enigeen met meer inligting om die ondersoekbeampte, adjudant offisier Zakes Salemane te kontak by 083 263 8258.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'