MOSSELBAAI NUUS - Vista Rolbalklub ondersteun die Friemersheim Kleuterskool al 'n geruime tyd op verskillende vlakke.
Vista het onlangs 'n groot nuwe naambord laat ontwerp en opgerig by die skool.
Die ontwerp van die wapen is gedoen deur Theo Venter, ook 'n lid van die rolbalklub. Die wapen verskyn ook op die werksdrag wat Vista verlede jaar vir die personeel laat maak het.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'