MOSSELBAAI NUUS - Pniël-bedieninge se kleuterskool in Aslapark het Vrydag, 25 Oktober gewys dat hulle ook erns maak met die stryd teen kanker.
Die jonges het verfafdrukke van hulle handjies teen 'n plakkaat gemaak tydens 'n funksie wat vir hulle ouers gehou is.
'n Speker, Malcolm de Jager het kom gesels oor kankerbewusmaking. Die fokus was grotendeels vrouegesondheid. Die vroue teenwoordig het ook solidariteit getoon met kankerlyers tydens 'n seremonie waar kerse aangesteek is.
Na die formaliteite het almal 'n eetdingetjie geniet en verder gesellig verkeer.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'