MOSSELBAAI NUUS - Die Da Gamaskop-polisie ondersoek 'n saak van huisbraak waartydens 'n klerewinkel, Leonè Creations, in Diasstrand verlede week geplunder is.
Die voorval het tussen 3 en 4 Desember plaasgevind.
Volgens inligting verskaf deur die Da Gamaskop-polisie is toegang tot die perseel verkry toe 'n groot klip deur die winkelruit gegooi is.
Tydens die voorval is eletroniese toerusting, 'n radio asook klerasie ter waarde van R7 000 gesteel.
Enige persoon met inligting, word versoek om die ondersoekbeampte, sers Adele Binneman van die Da Gamaskop-speurafdeling te kontak (044 606 2200).
'n Radio soos hierdie is uit Leonè Creations gesteel tydens 'n inbraak.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'