MOSSELBAAI NUUS - Die kollegas en vriende van Showen Simons, die slagoffer van 'n sinnelose moord op 19 Junie het ter ere van sy nagedagtenis T-hempies laat maak en dra dit by sy werkplek, die Danabaai-vulstasie.
Personeel het die afgelope naweek hulde aan hul kollega gebring deur die T-hempies, waarop 'n foto van Showen verskyn, te dra.
Op Woensdagaand, 19 Junie is die 20-jarige Showen twee keer met 'n skerp voorwerp in die rug gesteek en een keer in die keel. Hy is vir geen ooglopende rede nie deur 'n groep mans aangeval en het by die KwaNonqaba-polisiestasie beswyk.
'n Agtienjarige man is sedertdien vir die moord in hegtenis geneem.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'