Video
MOSSELBAAI NUUS & VIDEO - Die Mosselbaai-munisipaliteit het die volgende inligting uitgereik rakende die oopmaak van die Klein-Brakriviermond, wat huidiglik aan die gang is.
Die werk sal om ongeveer 15:00 vanmiddag afgehandel wees.
Neem asseblief kennis:
Die parkeerterrein by Klein Brak-hoofstrand sal vir die duur van die werk vir die publiek gesluit wees om die veilige hantering van die swaar masjinerie moontlik te maak.
'n Versperring sal om die bedryfsarea by die riviermonding geplaas word. Die publiek word versoek om nie verby die versperring te beweeg nie - ook nie strandlangs nie.
Omstanders word versoek om liefs van die werskarea weg te bly. Let daarop dat COVID-19-inperkingsregulasies die samedromming van groot getalle mense uitdruklik verbied. Moet asseblief nie in groot getalle by die strand saamkom nie.
Neem kennis dat amptenare van Cape Nature en die Departement van Visserye teenwoordig sal wees om toe te sien dat daar nie onwettig vis gevang word tydens en na die oopmaak van die riviermond nie.
Kyk 'n video hieronder.
The breaching of the Klein Brak River mouth is taking place today. The work will end at approximately 15:00 this afternoon.
Please note:
The parking lot at Klein Brak Main beach will be off-limits to the public for the duration of the work to allow for the safe movement of heavy machinery.
Danger tape will be placed at the operational area at the river mouth. The public is requested not to venture past the danger tape.
Onlookers are requested to stay away from the operations at the river mouth. COVID-19 lock-down regulations prohibit the gathering of large numbers of people. Please do not gather on the beach in numbers.
Please note that officials of Cape Nature and the Department of Fisheries will be present to ensure that there is no illegal catching of fish during and after the breach.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'